33ste SWARTLAND-VEEBOEREVEILING



Die veiling vind plaas op die plaas Bossiesvlei op Donderdag, 20 September 2018 buite Moorreesburg.

Vul jou stoet aan met ’n top-gehalte aanbod van 1 099 diere. Daar is 15 Hereford vroulike diere en 20 bulle, 15 Simmentaler vroulike diere en 15 bulle, 4 rooi Angus vroulike diere en 3 bulle, 9 swart Angus-bulle, 5 Sussex vroulike diere en 3 bulle en 1000 lammers sal die dag opgeveil word. Volg die N7 van Moorreesburg na Malmesbury vir 7 kilometer en hou by die GWK-wegwysers. Indien jy van Malmesbury ry, volg die pad vir twintig kilometer en hou by die GWK-wegwysers.


Algemene video’s:

Vee aangebied op veiling
Hereford vroulike diere

Hereford vroulike diere
Simmentalers

Herefords
Black Angus

Bul-video’s:

WDW 15-62 - Simmentaler-bul
Simmentaler-bul is ’n potensiële stoetbul. Die bul beweeg goed en het uitstekende balans. Hy is manlik en goed gespierd. Hy is tans deel van ons skoustring.
WDW 16-17 - Swart Angus-bul
Goeie balans, beweeg goed. Hy het uitstekende haargehalte. Baie manlik met goeie breedte in die oogspier.
WDW 15-62 - Simmentaler-bul
WDW 15-62 is ’n potensiële stoetbul. Die bul beweeg goed en het uitstekende balans. Hy is manlik en goed gespierd. Hy is tans deel van ons skoustring.
WDW 15-36 - Hereford-bul
Die bul is die huidige SA reserwe kampioen. Seker die bul in die land met die beste breedte. Bul met uitstekende haargehalte. Hy kom uit ’n goeie ma en sy pa is die bekende Locheim-deelnemer WDW 12-53.

WDW 15-142 - Hereford-bul
Ons het hierdie bul in die stoet gebruik. Daar is vyf van sy kalwers op die veiling. Hy is baie sterk op die lende. Hy het mooi breedte en diepte asook uitstekende pigment. Sy mooi donkerrooi kleur maak van hom ’n groot aantrekking vir die stoetbedryf.
WDW 16-19 - Hereford-bul
WDW 16-19 kom uit die bekende WDW 08-82 wat seker een van die beste teelbulle in die Hereford-bedryf is. Die bul is deel van ons skouring en sal ’n groot impak op enige stoet maak. Hy het ’n medium raam met goeie diepte, breedte en balans.

WDW 16-91 - Hereford-bul
WDW 16-91 is ’n seun van die bekende Locheim-deelnemer WDW 12-53, wat aangewys is as een van die beste Hereford-bulle in die wêreld. Hierdie jong bul het uitstekende breedte en balans.

Video’s van vroulike diere:

WDW 13-136 - Hereford vroulike dier
Sy wen haar klas by die 2017 nasionale skou. Uitstekende skou- en teelkoei. Haar halfbroer is die huidige SA reserwe kampioenbul. Sy verkoop met ’n uitstekende verskalf van Locheim Masterpiece. Sy het ’n indrukwekkende stamboom.
WDW 12-52 - Simmentaler vroulike dier
Seker een van die beste teelkoeie in ons stoet. Sy het goeie lengte en bespiering. Sy is in ons skoustring en verkoop met ’n uitstekende kalf. Sy is baie vroulik met goeie bene en pote.

WDW 14-50 - Simmentaler vroulike dier
’n Uitstekende jong koei van ’n baie goeie moeder. Sy het ’n mooi uier en ’n baie goeie kalf by haar. Sy het goeie balans en haargehalte.
WDW 15-44 - Simmentaler vroulike dier
Seker een van die beste jong koeie. Sy het besonderse breedte met ’n baie goeie uier. Sy kom uit ’n uitstekende moeder E 1038. Sy is vanjaar een van die beste vroulike diere op ons veiling.

WDW 16-31- Simmentaler vroulike dier
Jong vers wat baie potensiaal het. Sy is tans 3 maande dragtig. Sy is baie vroulik en goed gespierd.
WDW 15-07 - Simmentaler vroulike dier
Jong Simmentaler-koei wat baie vleis dra. Sy het ’n uitstekende uier. Haar eerste kalf hou ons in die stoet. Sy is tans ver dragtig van WDW 14-76. Sy is deel van ons skoustring.

Bul-foto’s:


Foto’s van die vroulike diere: